|
Elmarie Krische is ‘n gebore en getoë Pretorianer en woon reeds geruime tyd in Centurion.
In 1983 verwerf sy ‘n BA (Ed) Kuns aan die Universiteit van Pretoria. Daarna het sy by verskillende hoërskole in Pretoria en Johannesburg omgewings kuns onderrig. In 1995 begin sy met privaatonderrig in teken- en skilderkuns
aan kinders en volwassenes . Elmarie het in 2004 by die Centurion Kunsvereniging aangesluit en by die Kunstenaar van die Jaar-uitstalling ‘n merietetoekenning ontvang.
Kuns is Elmarie se passie en sy put net soveel genot
daaruit om ander te leer teken en skilder as om self te skilder. Die terapeutiese aspek van kuns maak kunsonderrig vir haar baie sinvol en bevredigend.
Elmarie werk graag in verskillende mediums soos akriel-, olie- en
waterverf asook pastelle. Sy hou ook van verskillende temas en style. Haar werk wissel van realisties tot ‘n meer abstrakte benadering. Alle vorms van die kunste interesseer haar - nie net die beeldende kuns nie maar ook uitvoerende
kunste.
Sy glo enige mens kan leer om te teken en skilder, mens hoef nie noodwendig ‘n talent daarvoor te hê nie. Kreatiewe denke en persepsie is ‘n vaardgheid wat ingeoefen kan word.
Sien Kontak vir kontakbesonderhede.
|
Elmarie Krische was born and grew up in Pretoria and has been living in Centurion for several years.
In 1983 she obtained a BA (Ed) Art from the University of Pretoria. Thereafter she taught art at several secondary schools in the Pretoria and Johannesburg regions. In 1995 she started giving private tuition in art drawing and
painting to children and adults. Elmarie joined the Centurion Art Society in 2004 and received a merit award at the Artist of the Year exhibition.
Art is Elmarie’s passion and she enjoys teaching other to draw and paint as
much as she enjoys painting. The therapeutical aspect of art makes art training full of purpose and provides great satisfaction.
Elmarie prefers to work in various media such as acrylic, oil and watercolour, as well as
pastelle. She also likes different styles and themes. Her work varies from realistic to a more abstract approach. All art forms interest her - not only fine arts but also performing arts.
She believes any person can learn to
draw and paint, one does not necessarily have a talent for it. Creative thought and perception is a skill that can be acquired by training.
See Contact for contact detail.
|