|
Die verskeidenheid style van die kunstenaar se werk weerspieël sy soeke na persoonlike en artistieke identiteit.
Hy erken egter:
“Maar ek is nie vasgevang in ‘n jaagtog na die bestemming nie; Ek geniet nogal hierdie ingewikkelde reis.”
Die inhoud van sy werk ontlok verskillende emosies en assosiasies by
verskillende mense - die toeskouer word deel van die skeppende proses.
Verskillende menings en gevolgtrekkings volg uit die beelde, afhangende van die toeskouer se kulturele, politieke
en godsdienstige agtergrond.
Die beelde kan beide fisiese en metafisiese werklikhede beskryf, soms in ‘n soeke na universele en tydlose stellings. Ander weerspieël bloot emosionele
reaksies op die omgewing.
Alain Nortjé behaal die BA (Ed) Beeldende Kunste graad aan die Universiteit van Pretoria in 1983. Hy werk aanvanklik as kunsonderwyser, word ‘n lektor by ‘n
kollege en begin Centurion Art Centre in 1995.
Toekennings wat hy ontvang het sluit in: Kunstenaar van die Jaar, Kuesta Kunsfees; Kunstenaar van die Jaar, Centurion Kunsvereniging (4
keer); finalis, Suid-Afrikaanse Nuwe Handtekeninge-Kompetisie.
Sy werk word verteenwoordig in verskeie korporatiewe versamelings (bv. Telkom, Absa), opvoedkundige instellings,
stadsrade en in privaatversamelings plaaslik en in die buiteland. Hy was een van enkele kunstenaars wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Węreldekspo in Lissabon in 1998.
|
The stylistic diversity of the artist’s work reflects his search for personal and artistic identity.
“But I’m not pre-occupied with arriving at that
destination; I rather enjoy this very complex journey,” he admits.
The content of his work evokes different emotions and associations in different people - the viewer becomes part of
the creative process.
Different meanings and conclusions are drawn from the images, depending on the viewer’s cultural, political and religious background.
The images could
describe both physical and metaphysical realities, sometimes in search of universal and timeless statements. Other merely reflect emotional responses to the environment.
Alain Nortjé
obtained a BA (Ed) Fine Arts degree from the University of Pretoria in 1983. He started out as an art teacher, became a college lecturer and in 1995 opened the Centurion Art Centre in
Centurion.
His awards include Artist of the Year, Kuesta Art Festival; Artist of the Year, Centurion Art Society (4 times); finalist, South African New Signatures Competition.
His work is represented in several corporate collections (e.g. Telkom, Absa), educational institutions and city councils, and in private collections locally and abroad. He was among a handful
of artists selected to represent South Africa at the World Expo in Lisbon in 1998.
|