Daar ‘n aantal reëls wat nagekom moet word waneer u KletsNet wil gebruik en deur daarvan gebruik te maak, aanvaar u hierdie voorwaardes onherroeplik:
Die kletsbord is oop vir almal en gemik op die hele gemeenskap van Centurion en ander wat ‘n belang het by Centurion. Hou dus die bespreking van so ‘n aard dat ouers vrymoedigheid sal hê om hulle minderjarige kinders toe te laat om
deel te neem aan besprekings.
Die gebruik van vloekwoorde en kru taal word nie toegelaat nie.
Speel die bal en nie die persoon nie.
Die feit dat inligting op KletsNet verskyn beteken nie dat SuproNet, sy eienaars, werknemers, subkontrakteurs of medewerkers dit op enige manier goedkeur of ondersteun nie.
SuproNet, die eienaar van CenturioNet, behou die reg voor om enige gedeelte van die inhoud van KletsNet of die hele KletsNet te enige tyd te verwyder. Die feit dat SuproNet nie inligting/plasings verwyder nie, beteken steeds nie
dat dit op enige manier goedgekeur of ondersteun word nie (sien 4. hierbo).
Hoewel SuproNet hierdie fasiliteit bied, dra u volle en alleen verantwoordelikheid vir enige en alle plasings wat u op die kletsbord maak en stel u SuproNet, sy eienaars, werknemers, subkontrakteurs en medewerkers skadeloos ten
opsigte van enige eise of aksies wat mag spruit uit u gebruik van KletsNet.
Klik op die ikoon indien u bogenoemde voorwaardes aanvaar en na CenturioNet se KletsNet toe wil gaan.
Wanneer u die KletsNet ikoon klik, word ‘n nuwe venster oopgemaak met KletsNet gelaai. Wanneer u klaar is met KletsNet, maak die venster toe en gaan voort vanaf hierdie bladsy.
Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko. Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die
Webmeester.