SuproNet   ē   BesigheidCenturion

Bannier - CenturioNet
Na intreebladsy

 

 

 

Een vlak op in struktuur

Eerste bladsy hieronder

 

Regering

Benodig eie Webwerf? SuproNet

 

 

 

Stad van geleenthede

Vir jongste raadsbesluite, sien Rdl Rentia Landman se webwerf.

Die beskrywing van die plaaslike regering (Centurion Munisipaliteit) se struktuur en dienste hieronder is nog vir die ou struktuur voordat Centurion deel van Tshwane geword het. Daar is nou drie kliŽntedienssentrums van Tshwane in die Centurion-gebied:

Centurion
H/v Cliftonlaan en Rabiestraat
Lytelton
Tel: (012) 671-7038 en 671-7789

Laudium
H/v Tangerinelaan en 6de Laan
Laudium
Tel: (012) 374-9754 en 374-9756

Olievenhoutbosch
H/v Rethabile en Lebogong
Olievenhoutbosch
Tel (012) 652-1155 x2204 en 671-7065

E-Pos: customercare@tshwane.gov.za
 

Eertydse stadwapen van Centurion

Eertydse Stadwapen van Centurion

Tussentydse stadwapen van Tshwane

Eertydse tussentydse Stadwapen van Tshwane

Centurion Munisipaliteit
Inligting moontlik verouderd weens samesmelting in Tshwane

Samestelling
Organisasiestruktuur
Belangrikste Dienste
Ambulans- en Brandweerdienste
Burgerlike Beskerming
Elektrisiteit
Water- en Riooldienste
Begraafdienste
Biblioteekdienste
Diere
Gesondheidsdienste
Ontspanningsgeriewe
Meer by Centurionsentrum
Musikale Spuitfontein
Zwartkopnatuurreservaat
Hennopsrivierwandelroete
Rooihuiskraal Historiese Terrein

Samestelling

Die ou Centurion Munisipaliteit het bestaan uit 12 verkose wyksraadslede en agt lede wat op proporsionele grondslag verkies is. Hierdie struktuur is nou opgeneem in die Tshwane Metropolitaanse Raad wat op 5 Desember 2000 tot stand gekom het. Hiervolgens word Centurion deur agt wyksraadslede verteenwoordig, asook 'n aantal raadslede wat op proporsionele grondslag aangewys is.
Na bo

Organisasiestruktuur

Die plaaslike bestuurstruktuur of munisipaliteit funksioneer in 14 departemente wat elkeen gelei word deur bekwame en goed opgeleide beamptes. Alle dienste word deur die struktuur gelewer

    Telefoon:  671-7211 (skakelbord)

Na bo
Belangrikste Dienste

Die nooddienste word eerste vertoon en ander dienste laer af.

Ambulans- en Brandweerdiense

24 uur per dag beskikbaar

    Telefoonnommers:
    Nood
    : 664-5555/6
    Ander: 671-7500 /  671-7375

Na bo

Burgerlike Beskerming

Hierdie funksie berus by die munisipaliteit. Dit is 'n bystandsdiens wat burgerlike ontwrigting tydens natuurrampe en vyandelike optrede moet bekamp. Die diens bied verskeie kursusse aan vir die publiek, onder meer noodhulp, brandbestryding en veiligheidsmaatreŽls.

    Telefoon: 671-7515

Na bo

Elektrisiteit

Die munisipaliteit versprei elektrisiteit wat deur Eskom voorsien word, aan meer as 16700 wonings en 300 nywerhede deur 132 kV en 11kV netwerke.

Die elektrisitetsbeheerkamer word tussen 06:00 en 22:00 beman deur een persoon wat onderbrekings deur afstandbeheerde toerusting kan probeer herstel. Tydens groot onderbrekings word die noodtelefone gekoppel aan 'n antwoordmasjien om die beampte in staat te stel om die foute te probeer herstel of die herstelwerk te koŲrdineer. Wanneer die beheerkamer nie beman word nie, word die oproepe deur 'n radiobeheerstelsel deurgeskakel na die elektrisiŽn aan diens herlei.

    Telefoonnommers:
    Navrae: 671-7540
    Nood: 671-7540/1/2
    Straatligte: 671-7540 671-7536

Na bo

Water- en Riooldienste

Die munisipaliteit behartig die verspreiding van water aan die inwoners, asook die verwydering van rioolafval en die verwerking daarvan.

    Telefoonommers:
    Kantoorure: 671-7433
    Na-ure: 671-7211

Na bo

Begraafdienste

Die munisipaliteit bedryf drie begraafplase by Olievenhoutbosch, Laudium en net noord-oos van Centurionsentrum. Die OWB ere-akker is bespreek vir die Bond van Oud-GeÔnterneerdes, die helde-akker vir persone wat gesterf in operasionele diens vir die land se veiligheid en die ere-akker is vir burgemeesters en raadslede wat 'n diens aan die gemeenskap van Centurion gelewer het.

    Telefoonnommers:
    Muur van Herinnering: 327-4714
    Tuin van Herinnering: 671-7676
    Besprekings: 671-7676

Na bo

Biblioteekdienste
 

Hoofbiblioteek - Lyttelton

Centurion beskik oor 'n uitgebreide biblioteekdiens met 11 takke in onder andere voorstede, die dienssentrum vir bejaardes en weermagbasisse. Verskeie dienste word ook verskaf benewens die normale uitleendienste. Dit sluit in onder meer naslaandienste, 'n gemeenskapsinligting- projek, internetdienste, 'n kultuurafdeling en kunsgallery.

    Telefoon: 671-7382

Na bo

Diere

Die dienste insake rondloperdiere, verwaarloosde diere of diere sonder eienaars word deur die Dierebeskermingsvereniging namens die munisipaliteit gelewer. Die DBV het ook inligting oor diereklinieke in die gebied.

Hondelisensies word ook deur die DBV geadministreer namens die munisipaliteit en hierdie lisensies is betaalbaar by die DBV.

    Telefoon: 664-5644

Dooie diere word deur die Departement Gesondheidsdienste se reinigingsafdeling verwyder. Indien dooie diere van private eiendom verwyder moet word, is 'n fooi betaalbaar.

    Telefoon: 671-7295

Na bo

Gesondheidsdienste

Gesondheid- en voorkomingsdienste is een van die belangrikste dienste wat deur 'n plaaslike owerheid gelewer moet word. Die Munisipaliteit verskaf gewone kliniekdienste, asook 'n geriatriese kliniek waar gereelde ondersoeke uitgevoer en medikasie verskaf word.

Die Gesondheidsdepartement behartig ook omgewingshigiŽne. Dit sluit in vuillisverwydering en inspeksie van persele waar voedsel voorberei en verkoop word.

    Telefoon: 671-7280

Na bo

Ontspanningsgeriewe

Die Munisipaliteit beheer en bestuur 'n aantal ontspanningeriewe vir die inwoners van Centurion.
 

Meer by Centurionsentrum

Hierdie mensgemaakte meer is geskep met die ontwikkeling van Centurionsentrum op die oewer van die Hennopsrivier. Dit het 'n opppervlakte van 7,5 ha en word vir talle watersport- en ander ontspanningsaktiwiteite gebruik.

    Telefoon: 671-7676

Suidoewer van meerontwikkeling

Musikale Spuitfontein

Die waterorrel is in die meer geleŽ, direk in die gesigsveld vanaf die meerplein. Dit bestaan uit 600 spuitstukke en 280 gekleurde ligte en verskaf besondere vermaak aan die talle aandbesoekers by die sentrum.

Waterorrel tydens 'n aandvertoning

Na bo

Zwartkopnatuurreservaat

Die natuurreservaat is geleŽ aan die oewer van die Hennopsrivier in die Zwartkop-omgewing. Die terrein is boomryk met standhoudende waterbronne en 'n interessante reliŽf.

Talle voŽlsoorte kom in die reservaat voor terwyl verskeie wildsoorte reeds hervestig is in die reservaat. Dit sluit onder meer in blesbokke, rooihartbeeste, springbokke, rooibokke, sebras en volstruise. Die plante in die reservaat word uitgeken en gemerk en die besoeker kan die talle wandelpaadjies gebruik.

'n Lapa met braaigeriewe is ontwikkel en kan gehuur word vir funksies.

    Telefoon: 671-7676

Na bo

Hennopsrivierwandelroete

Besoekers kan die 13 kilometer tussen Supersport Centurion en Zwartkop-natuurreservaat stap langs die wandelroete. Dit neem ongeveer 5 uur om hierdie roete te stap.

Besoekers moet bedag wees op wisselende weersgesteldhede, veral in die somer wanneer donderstorms in die middag kan voorkom.

    Telefoon: 671-7676

Na bo

 

Rooihuiskraal Historiese Terrein

Die Rooihuiskraal Historiese Terrein het sy onstaan te danke aan die slag van Rooihuiskraal wat in die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind het. Die terrein is in 1981 tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

Op die terrein kry die stadskind die geleentheid om met die plaaslewe in aanraking te kom op die plaasgedeelte van die terrein. Ponies en perde is reeds aangekoop vir vermaaklikheidsritte by kinderpartytjies en oor naweke en vakansiedae.

Twee stalle op die plaas kan gehuur word vir private funksies.

    Telefoon: 671-7676

Ingang na Rooihuiskraalterrein
Poue by Rooihuiskraalterrein

Na bo

Bronne

Die volgende bronne word met dank erken:

  • Centurion Stadsraad Dienstegids
  • Stad Tshwane inligtingsblaadjie (strooibiljet) oor nuwe kliŽntedienssentrums

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[Portaal]

RelatiefEen vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

 

[Agtergrond] [Besigheid] [Besiens- waardighede] [Verblyf] [Vermaak] [Dagboek] [Foto's van Geleenthede] [Kaarte] [KletsNet] [Skakels] [Aflaai] [Terugvoer] [Kopiereg]

 

[Geskiedenis] [Belegging] [Gemeenskap] [Regering]

 

 

 

Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

CenturioNet
Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet,
Ďn afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001-2013. CenturioNet
Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder

 

 

 

 

 

 

 

 

Besigheidsgids

BesigheidCenturion

Lys van besighede in Centurion.
Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.

 

Advertensie - nuwe venster vir inligting

 

Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:

SuproNet

SuproNet

 

Kalender 2012
Gratis kalender vir 2013