|
Soos die naam aandui, blom krismisrose in kerstyd in Suid-Afrika. ’n Nabyfoto van ‘n blomhofie is geneem (die eerste beeld in die reeks) en toe m.b.v. sagteware gemanipuleer om
verskillende weergawes te skep. Om die verskillende weergawes ten volle te ervaar, is dit nodig om ‘n groter weergawe oop te maak (klik op die “Klein skerm” of “Groot skerm” by die betrokke prentjie) aangesien die klein voorbeelde slegs
‘n aanduiding gee van die werklike prent.
Kies die werk en grootte wat u wil gebruik (Klein skerm: 15” en kleiner; Groot skerm: 15” en groter) as muurpapier (“wallpaper”) vir u rekenaarskerm. Aanwysings hier.
Neem kennis dat die gebruik van die elektroniese kalender-, skermskut- en muurpapierprodukte onderhewig is aan die
voorwaardes en bepalings soos vervat in ons outeursregkennisgewing (Kopiereg).
|