|
Outeursregkennisgewing
SUPROKON Bestuursdienste BK (CK1990/012552/23) is ‘n verskaffer van bestuurs- en besigheidsdienste met kantore in Centurion. Benewens bestuurskonsultasie- dienste lewer SUPROKON ook webontwerp, webhuisvesting en verwante dienste deur
drie afdelings wat handel dryf en dienste verskaf onder verskillende handelsname naamlik CenturioNet, SuproNet en BesigheidCenturion (BusinessCenturion).
‘n Gemeenskaplike tuisblad (bereikbaar deur enige van die volgende webadresse: www.CenturioNet.co.za, www.SuproNet.co.za, www.BesigheidCenturion.co.za, www.BusinessCenturion.co.za) verskaf toetrede tot hierdie webwerwe wat elk sy eie afdeling (webwerf of
groep van webwerwe) het wat fokus op die spesifieke dienste wat deur daardie afdeling verskaf word. Elk van die webwerwe en hulle geassosieerde webwerwe kan ook bereik word deur direkte skakels (adresse) binne die
centurionet.co.za. supronet.co.za, besigheidcenturion.co.za en businesscenturion.co.za domeins. Hierdie webwerwe is almal aan mekaar geskakel (hierna verwys as die “CenturioNet webwerwe”). SUPROKON Bestuursdienste BK
is die eienaar van hierdie CenturioNet webwerwe (hierna verwys as die “Eienaar”).
1. Eiendomsreg
Daar word baie tyd en moeite spandeer op die ontwikkeling, samestelling, uitbreiding en onderhoud van die CenturioNet webwerwe. Alle inhoud, uitleg, samestelling, grafiese werke, artistieke werke en foto’s wat op die CenturioNet
webwerwe beskikbaar en gepubliseer is, is onderhewig aan outeursregbeskerming.
Tensy uitdruklik anders aangedui is, of outomaties anders bepaal word ingevolge kontraktuele verhoudinge of die Outeursregwet 98 van 1978, behoort
die outeursreg in die CenturioNet webwerwe aan SUPROKON Bestuursdienste BK.
Alle gebruik van enige outeursregwerke wat op die CenturioNet webwerwe beskikbaar of gepubliseer is, is onderhewig aan die terme en voorwaardes
uiteengesit in hierdie kennisgewing.
2. Erkenning van Bronne
Die Eienaar gee graag erkenning aan alle bronne wat gebruik is vir die ontwikkeling van hierdie Webwerf. Daar is gepoog om op elke bladsy erkenning te gee aan die bronne wat bygedra het tot die inligting op daardie bladsy. Indien ons
nagelaat het om ‘n bron te erken, vra ons by voorbaat om verskoning en nooi u om dit onverwyld
aan te meld sodat ons die saak kan regstel.
3. Algemene gebruiksvoorwaardes
Die volgende gebruik van die materiaal wat op die CenturioNet webwerwe verskyn is gemagtig:
- Toestemming word hiermee verleen vir redelike en billike gebruik en reprodusering van die gepubliseerde inligting, insluitend grafiese elemente, vir persoonlike gebruikdoeleindes, of vir doeleindes van akademiese studie
of opleiding.
- Indien enige material op die CenturioNet webwerwe gebruik of gereproduseer word vir akademiese onderrig of opleidingsdoeleindes, moet die CenturioNet webwerwe en outeur voldoende erkenning verleen word as bron.
- Indien u die materiaal vir enige ander doeleindes as akademiese studie en persoonlike doeleindes wil gebruik, is skriftelike toestemming van die Eienaar vooraf nodig. Rig sodanige versoeke aan CenturioNet.
Die volgende gebruik van die materiaal wat op die CenturioNet webwerwe verskyn word uitdruklik verbied:
- Gebruik van materiaal vir enige kommersiële doeleindes, hetsy met die oog op wins of sonder winsbejag.
- Gebruik van die materiaal deur enige staats-, regerings- of politieke organisasie.
- Gebruik van die materiaal op enige webwerf wat nie onder die beheer of eienaarskap is van die Eienaar.
- “Framing” van enige van die bladsye van die CenturioNet webwerwe of gebruik van enige ander tegniek waarvolgens enige inhoud van die CenturioNet webwerf aangebied word as deel van ‘n ander webwerf.
- Gebruik van die foto’s en ander grafiese elemente vir enige ander doeleindes as persoonlike gebruik en akademiese studie.
Alhoewel die CenturioNet webwerwe inligting mag reflekteer wat in die publieke domein is, moet in ag geneem word dat die Eienaar geld, tyd en moeite spandeer het
om die inligting te bekom, voor te stel, op te dateer, en te publiseer op die CenturioNet webwerwe. Die outeursreg in die spesifieke uitleg en voorstelling van die inligting
(soos tabelle, grafieke, ens.) wat op die CenturioNet webwerwe verskyn behoort egter aan die Eienaar en, onderhewig aan die bepalings hierbo, mag dit nie sonder vooraf
skriftelike goedkeuring van die Eienaar in die formaat gebruik of gereproduseer word nie.
4. Skermskutte, muurpapier en kalenders
Waar daar voorsiening gemaak word op die CenturioNet webwerwe om elektronies lêers af te laai en te gebruik as skermskutte, muurpapier en/of kalenders, mag
sodanige elektroniese lêers gratis afgelaai en gebruik word vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes, vir ‘n onbepaalde tyd, op die gebruiker se eie risiko. Herverspreiding deur middel van ‘n ander webwerf word streng verbied.
Die elektroniese voorstellings en fotos van kunswerke is bekom met die toestemming van die kunstenaars, en die gebruiksvoorvaardes ingevolge hierdie kennisgewing, is sodanig ooreengekom met die kunstenaars.
Outeursreg met betrekking tot die samestelling en uitleg van die fotos en kalenders wat die kunswerke vertoon, en die skep van die elektroniese lêers, behoort egter aan
die Eienaar, en dit mag nie op enige wyse verander word nie. Onderhewig aan die bepalings hierbo, mag geen onderdeel daarvan, insluitende grafiese elemente, tegnies onttrek of afsonderlik gebruik word nie.
Die Eienaar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gebruik van die elektroniese lêers nie en bied geen tegniese ondersteuning vir die gebruik daarvan nie. Die lêers
is geskep op ‘n elektroniese stelsel wat beskerm word deur ‘n virustoetser, maar gebruik daarvan is op eie risiko.
5. Voorbehoud van regte
Geen optrede, of versuim om op te tree, of weiering of nalatigheid van die Eienaar om sy outeursreg af te dwing mag beskou word as ‘n vergunning of kwyrskelding wat
gemaak word in terme van enige van hierdie kennisgewing se bepalings, of dat die Eienaar afsien van enige van sy regte nie. Die Eienaar mag ook van tyd tot tyd
wysigings aanbring met betrekking tot hierdie kennisgewing. Die Eienaar se regte word streng voorbehou.
|