|
‘n Foto is geneem van ‘n rangskikking wat aarbeie, perskes, perskeblare, blare van ‘n huilboenboonboom en geelhouttakkies bevat het. Die rangskikking is toe elektronies
“uitgesny” en op ‘n eenvormige groen agtergrond geplaas (die eerste beeld in die reeks). Dit is daarna m.b.v. sagteware gemanipuleer om verskillende weergawes te skep. Om die verskillende weergawes ten volle te ervaar, is dit nodig om
‘n groter weergawe oop te maak (klik op die “Klein skerm” of “Groot skerm” by die betrokke prentjie) aangesien die klein voorbeelde slegs ‘n aanduiding gee van die werklike prent.
Kies die werk en grootte wat u wil gebruik (Klein skerm: 15” en kleiner; Groot skerm: 15” en groter) as muurpapier (“wallpaper”) vir u rekenaarskerm. Aanwysings hier.
Neem kennis dat die gebruik van die elektroniese kalender-, skermskut- en muurpapierprodukte onderhewig is aan die voorwaardes en bepalings soos vervat in ons
outeursregkennisgewing (Kopiereg).
|