Die vroegste bewyse van die teenwoordigheid van die moderne mens in die Centurion-gebied strek darem nie so vęr terug nie. Dit dateer terug na 1200 AD toe swart gemeenskappe hulleself in die gebied gevestig het. Hierdie
bewoners het lande bewerk, vee aangehou, erdwerkhouers gemaak en yster gesmelt.
Tussen 1825 en 1826 het Matabele die Bakwena-stam verslaan en hulleself, onder die leiding van Silkaats, langs die Magaliesberg gevestig.
In
1841 het die Erasmus-familie in die gebied wat Centurion sou word aangekom en hulle hier gevestig. Die familie het hulle op drie plase gevestig. Daniel Jacobus Erasmus het hom op die plaas Zwartkop gevestig, Daniël Elardus Erasmus op
die plaas Doornkloof en Rasmus Elardus Erasmus het die plaas Brakfontein ontwikkel. Talle van die voorstede in die gebied soos Erasmia, Elarduspark, Zwartkop en Doornkloof, is na die oorpronlike eienaars van die grond en hulle eiendomme
vernoem.
In 1849 het Ds Andrew Murray die plaas Doornkloof besoek en 129 babas gedoop, 26 nuwe jong lidmate van die Hervormde Kerk se geloofbelydenis aangehoor en die volgende dag, 29 Desember, Nagmaal gevier.
|