SuproNet   •   BesigheidCenturion   •   Centurion Sakekamer

Bannier - CenturioNet
Na intreebladsy

 

 

 

Een vlak op in struktuur

 

 

CGBM

Benodig eie Webwerf? SuproNet
 

 

 

 

Veilige stad

Die Centurion Gemeenskaps- beskermingsmaatskappy (CGBM) is 'n uitvloeisel van die Centurion Gemeenskapsbeskermingsvereniging wat sedert 1996 aktief besig is om die veiligheidsproleme van die gemeenskaps te help oplos.

Die visie van die vereniging is om 'n veilige, misdaadvrye omgewing vir die inwoners en sakegemeenskap in Centurion te verseker.

CGBM: Beheerkamer
CGBM: Security World winkel CGBV: Naambord

In 'n poging om hierdie visie uit te leef het die vereniging die CGBM tot stand gebring. Die direkteure van hierdie Artikel 21 maatskappy word deur die vereniging aangewys.

Die primęre doel van die maatskappy is om die veiligheidsgemeenskap, veral die SAPD, te ondersteun deur middel van geldelike bydraes, voertuie en toerusting, om Centurion die veiligste gemeenskap in die land te maak. Op hierdie manier het die CGBM reeds R5 miljoen se ondersteuning gelewer.

Die CGBM verskaf ook talle ander dienste wat in elke sekuriteits- en noodbehoefte behoort te voorsien. Onder die dienste wat gelewer word is onder meer:

  • Koördineer 'n traumadiens en bystand van die slagoffers van geweld;
  • 'n Dwelmforum;
  • Veilige verblyf vir slagoffers van veral gesinsgeweld;
  • Wapen- en noodhulpopleiding;
  • 'n Evaluasielokaal vir kinders by die SAPD se Kinderbeskermingseenheid;
  • 'n Kommunikasiesentrum vir Centurion;
  • Onderhandel namens die inwoners van Centurion om veiligheid te verbeter.

Benewens hierdie basiese dienste, bied die maatskappy ook kommersiële dienste, soos die verskaffing van persoonlike en huishoudelike sekuriteitstoerusting:

  • Alarmmonitering
  • Voorsiening van wagte
  • 'n Gewapende reaksie-eenheid
  • Installasie en herstel van alarms en toerusting
  • Advies en koverte dienste
  • Mediese noodondersteuning (Netcare)
  • Hulp met korttermynversekering.

CGBM: Reaksievoertuie

Die CGBM beoog ook nog talle ander projekte om sy visie te help ondersteun. Dit sluit projekte in soos werkskepping vir veral skoolverlaters, die vestiging van 'n landdroshof in Centurion, 'n noodnommer vir Centurion en die ondersteuning van slagoffers van geweld en misdaad.
 
U kan die CGBM ondersteun deur lid te word, as borg op te tree of u dienste aan te bied. Vir meer inligting oor die CGBM se dienste of hoe u betrokke kan raak, skakel +27 (012) 653-5342 en praat met PW of Annalien of skryf aan:

    Posbus 600
    Wierdapark
    0149
Stad vir mense

Na bo

Bronne

Die volgende bronne word met dank erken:

  • Centurion Gemeenskapsbeskermingsmaatskappy

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[Portaal]

RelatiefEen vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

 

[Agtergrond] [Besigheid] [Besiens- waardighede] [Verblyf] [Vermaak] [Dagboek] [Foto's van Geleenthede] [Kaarte] [KletsNet] [Skakels] [Aflaai] [Terugvoer] [Kopiereg]

 

[Geskiedenis] [Belegging] [Gemeenskap] [Regering]

 

[Bejaardesorg] [CGBM] [Gemeenskapskas] [Hospitium] [Kleutersorg] [Inskrywing]

 

Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

CenturioNet
Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet,
‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001-2013. CenturioNet
Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder

 

 

 

 

 

 

 

 

Besigheidsgids

BesigheidCenturion

Lys van besighede in Centurion.
Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.

 

Advertensie - nuwe venster vir inligting

 

Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:

SuproNet

SuproNet