SuproNet   •   BesigheidCenturion

 

Bannier - CenturioNet

Na intreebladsy

 

 

Soek!

 

Een vlak op in struktuur

Na eerste van bladsye hieronder

Besigheid

Gratis “screensavers” en muurpapier
Wat gebeur waar? Dagboek
Benodig Webwerf? SuproNet

 

 

 

Stad vir besigheid

Centurion beskik oor ‘n snelgroeiende en aktiewe besigheidsgemeenskap. Die plaaslike sakekamer (Centurion Sakekamer) is reeds drie jaar agtereenvolgens aangewys as die AHI se beste sakekamer, die eerste twee jaar in die kategorie vir klein sakekamers en die laaste keer as medewenner in die ope afdeling.

Hierdie bladsy bevat oorsigtelike inligting oor die volgende aspekte van besigheid in Centurion:

Meer inligting kan as volg verkry word:

  • Gidse met inligting oor besighede in Centurion en ekonomiese data (statistiek) kan verkry kan word op CenturioNet se susterwebwerf BesigheidCenturion. Besighede wat op die Internet wil bemark, kan ook hulle besonderhede in die gids laat opneem.
  • Vir agtergrond oor Centurion se groei en beleggingspotensiaal, besoek Belegging. Meer inligting oor groei, ander statistiek en besigheidsgeleenthede is beskikbaar op BesigheidCenturion.
  • Vir ander Webwerwe met inligting oor besighede in Centurion, gaan na ons skakels.

Na bo
.

Centurion Sakekamer

Slagspreuk: Welwaart vir Centurion

“Welvaart vir Centurion” is Centurion Sakekamer se slagspreuk en weerspieël die bestuur en lede se ingesteldheid. Die sakekamer bestaan uit sakemense wat in Centurion werk of woon en omsien na die gemeenskaplike belange van sakelui. Deur afflliasie met die AHI het elke lid inspraak in Besigheid SA.

Die kamer is baie aktief en bied gereeld funksies en inligtingsessies vir lede en ander belangstellendes aan. Dit was die eerste sakekamer in die land wat ‘n eie Webwerf (Webwerf is nou ‘n argief. ‘n Nuwe skakel sal verskaf word wanneer ‘n nuwe webwerf beskikbaar word.)

Centurion Sakekamer se Embleem
Beste Sakekamer in SA 1999-2000
Sakekamerbestuur vir 2001/2

Die sakekamer word bestuur deur ‘n bestuur wat jaarliks verkies word en beskik oor ‘n kantoor en voltydse administratiewe beampte.

Vir meer inligting, sien Centurion Sakekamer se Webwerf. (Webwerf is nou ‘n argief. ‘n Nuwe skakel sal verskaf word wanneer ‘n nuwe webwerf beskikbaar word.)

Centurion Besigheidondersteuningsentrum (Cenbis)

Cenbis is 'n Artikel 21 maatskappy wat 'n omvattende ondersteunings- en adviesdiens vir entrepreneurs bied. Dit is in 1998 gestig na ‘n gesamentlike inisiatief van die destydse Centurion Stadsraad en die Centurion Sakekamer. Dit word deur sommige waarnemers beskou as ‘n model vir sodanige sentrums.

Cenbis se gebou

Doelwit

Die doelwit van CENBIS is om 'n welvarende sakegemeenskap tot voordeel van die inwoners van Centurion te help ontwikkel deur aan die kleinsakegemeenskap maklike toegang te verleen tot alle beskikbare en toepaslike inligting- en ondersteuningsdienste ter bevordering van gesonde kompetisie in die sakegemeenskap.

Waardestelsel

Cenbis se waardestelsel is gegrond op die volgende beginsels:

  • Gesonde sakepraktyk
  • Gesonde sakebeginsels
  • Inklusiwiteit van die totale gemeenskap, en
  • Volle deelname deur die gemeenskap

Dienste

Onder sy primêre dienste tel:

  • Kredietwaaarborge en finansiële ondersteuningsdienste
  • Hulp met voltooiing van aansoeke om finansiële en kredietwaarborgskemas
  • Opstel van besigheidsplanne
  • Opleiding in bestuurs- en sakevernuf
  • Sakekonsultasies en mentorskapprogramme
  • Nywerheids- en tegnologiese advies.
  • Ekonomiese en lewensvatbaarheidstudies.
  • Regshulp, boekhou- en rekeningkundige dienste.
  • Beleggingsadvies.
  • Uitvoerbevordering en marknavorsing.
  • Bystand aan kleinsake met staatstenderprosedures.
  • Omvattende naslaanbiblioteek vir sake-ondernemings.
  • Bystand met groei- en uitbreidingsplanne.
  • "Business Referral and Information Network (BRAIN)"

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting oor Cenbis:

    Telefoon: +27 (012) 664-7275
    Faks: +27 (012) 664-4696

Die kantoor is geleë aan die oostekant van die biblioteekkompleks op die hoek van Cantonnementsweg en Unielaan in Lyttelton.

Na bo

Bronne

Die volgende bronne word met dank erken:

  • Centurion Stadsraad Dienstegids
  • SA Raad vir Sakevroue

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

RelatiefEen vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

[Portaal]

 

[Agtergrond] [Besigheid] [Besiens- waardighede] [Verblyf] [Vermaak] [Dagboek] [Foto's van Geleenthede] [Kaarte] [KletsNet] [Skakels] [Aflaai] [Terugvoer] [Kopiereg]

 


Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

CenturioNet
Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet,
‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001-2013. CenturioNet
Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder

 

 

 

 

 

 

 

 

Besigheidsgids

BesigheidCenturion

Lys van besighede in Centurion.
Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.

 

Advertensie - nuwe venster vir inligting

 

Kalender 2012

Gratis 2013 kalender
Handige “CD” formaat

 

Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:

SuproNet

SuproNet