SuproNet   ē   BesigheidCenturion

Bannier - CenturioNet
Na intreebladsy

 

 

 

Een vlak op in struktuur

Eerste bladsy hieronder

 

Belegging

Benodig eie Webwerf? SuproNet

 

 

 

Stad vir beleggings

Groei

'n Groot voordeel vir beleggers in Centurion is die bestendige groei wat die gebied toon. 

Gedurende 2000 het die bevolking met 12,8  persent gegroei, hoofsaaklik danksy die groei in woonstelle en huise (7,2%) wat in die jaar voorgekom het. Dit het ook waarskynlik gelei tot die positiewe groei in kleinhandel en nywerheidsontwikkeling, te wete 0,4% en 19,7% respektiewelik. Kantoor en kommersiŽle ontwikkeling het ook positiewe groei getoon in die afgelope paar jaar.

Suidoewer van meer

Die jaar 2000 se groei is voorafgegaan deur bestendige groei die vorige aantal jare na baie hoŽ groei  in veral nywerheidsontwikkeling en die aantal huise wat gebou is in 1995 en 1996.

Ligging

Centurion se ekonomiese grondslag is modern en gerig op die toekoms. Dit bied baie geleenthede vir groei en uitbreiding vir die belegger en ontwikkelaar, onder andere omdat dit strategies geleŽ is in die ekonomiese hartland van Gauteng en deel vorm van die sentrale tegnologies gevorderde ontwikkelingskorridor tussen Pretoria en Johannesburg.

'n Verdere voordeel is die hoŽ gehalte van sy residensiŽle en sosiale infrastruktuur. Dit is alles geleŽ binne 'n landelike omgewing wat 'n aangename en leefbare omgewing van hoŽ gehalte verskaf. Omdat die gebied relatief onontwikkeld is, laat dit ruimte vir toekomstige ontwikkeling sonder om bestaande ontwikkelings te vervang, soos dit soms nodig is in ouer omgewings.

Gauteng met relatiewe ligging van Centurion
Suid-Afrika met Gauteng aangedui
Centurion Country Estate



Mense

Weens sy ligging naby Pretoria en Johannesburg, lok die gebied hoogs opgeleide en vaardige beroepslui: 64% van die stad se inwoners staan in bestuurs- of professionele posisies. Dit beteken dat die Pretoria-Johannesburg korridor 'n groot vaardigheidsbasis het, wat baie belangrik is vir veral die inligtingstegnologiebedryf.

Die gebied word reeds gedryf deur belegging vanuit die private sektor en word bestuur deur 'n goed toegeruste en bedrewe plaaslike bestuur wat simpatiek is teenoor die plaaslike ontwikkelingsdinamiek.

Ingang na Cornwall Hill Country Estate

Na bo

Voordele

Die spesifieke voordele vir die belegger sluit in:

  • Die Samrand nywerheidskern.
  • Die Sentrale sakegebied is in die N1 korridor.
  • Goeie dienstebetaling.
  • Ontwikkelde gebiede beskik oor hoŽ gehalte ingenieurs- en sosiale infrastruktuur.
  • Die Hennopsrivier is 'n goeie hulpbron.
  • Goeie fisieke infrastruktuur in die meeste gebiede.
  • Groot oppervlaktes grond is beskikbaar vir ontwikkeling, insluitend landbou, toerisme, ontspanning- en vermaaklikheidgeriewe.
  • Opvoedkundige standaarde bo gemiddeld.
  • Geleentheid om vorige agtergeblewe gebiede in te skakel deur verdeling van hulpbronne.
  • Centurion is 'n jong, opkomende node in die Pretoria-Johannesburg gebied
  • Dit het geen stedelike verval nie.
  • Die kantoor-, nywerheids- en handelsgebiede is relatief nuut en struktureel geskik vir huidige tegnologiese vereistes.
  • Die plaaslike gemeenskap toon 'n bo-gemiddelde sosio-ekonomiese karakter, met 'n bo-gemiddelde inkomste en opvoedkundige vlak.
  • Geskoolde arbeid is beskikbaar in die gebied en ongeskoolde en halfgeskoolde arbeid is binne bereik in die sub-streek.
  • Die stad het 'n jong, groeiende ekonomie. Die talle kleiner ondernemings dui op groei en aanpasbaarheid.
  • Centurion se bevolkingsgroei is bo die nasionale gemiddeld en die behoefte aan plaaslike dienste soos kleinhandel sal waarskynlik groei, wat die gebied se ekonomiese basis sal verbreed.
  • Centurion se relatiewe lae grondpryse en sy nabyheid aan die padnetwerk maak van Centurion 'n ideale streeksverspreidingspunt.
  • Centurion se streeksposisie maak daarvan 'n moontlike gebied vir 'n konferensie- en uitstalsentrum.
  • Potensiaal vir stedelike landbou in Zone 3.
  • Die Mabopane-Centurion ontwikkelingskorridor kan lei tot openbare belegging in die westelike deel van die land, met nuwe infrastruktuur, verbeterde vervoerskakels en aanmoediging van ekonomiese ontwikkeling.

Ingang na Samrand

Na bo

Kontak

Die volgende instansies in Centurion kan voornemende beleggers van hulp wees:

  • Plaaslike owerheid: Inligting met betrekking tot beskikbaarheid van grond, sonering, regulasies en ander vereistes, ens. Kontak die stadsbeplanningsdepartement by die Centurion administratiewe eenheid van Tswane (+27 (012) 671-7450)
  • Cenbis: Die Centurion Besigheidsondersteuningsentrum kan veral voornemende mikro, klein en mediumgrootte ondernemings van hulp en raad bedien. Cenbis tree ook op as fasiliteerder vir finansiering. Sien die inligting by Besighede.
  • Centurion Sakekamer: Die baie aktiewe sakekamer kan die voornemende belegger verwys na potensiŽle vennote of lede wat andersins van diens kan wees. Sien die inligting by Besighede.
  • Besoek ook ons bladsy met skakels en ons Webwerf wat fokus op besigheid in Centurion (BesigheidCenturion) vir meer inligting en skakels.
Stad van groei

Na bo

Bronne

Die volgende bronne word met dank erken:

  • Centurion Stadsraad Dienstegids
  • Centurion administratiewe eenheid van Tshwane (Ekonomiese Atlas).

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[Portaal]

RelatiefEen vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

 

[Agtergrond] [Besigheid] [Besiens- waardighede] [Verblyf] [Vermaak] [Dagboek] [Foto's van Geleenthede] [Kaarte] [KletsNet] [Skakels] [Aflaai] [Terugvoer] [Kopiereg]

 

[Geskiedenis] [Belegging] [Gemeenskap] [Regering]

 

 

 

Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

CenturioNet
Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet,
Ďn afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001-2013. CenturioNet
Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder

 

 

 

 

 

 

 

 

Besigheidsgids

BesigheidCenturion

Lys van besighede in Centurion.
Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.

 

Advertensie - nuwe venster vir inligting

 

Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:

SuproNet

SuproNet

 

Kalender 2012
Gratis kalender vir 2013