SuproNet   •   BesigheidCenturion

 

Bannier - CenturioNet

Na intreebladsy

 

 

Soek!

 

Een vlak op in struktuur

Na eerste van bladsye hieronder

Geskiedenis
Belegging
Gemeenskap
Regering

Agtergrond

Gratis “screensavers” en muurpapier
Wat gebeur waar? Dagboek
Benodig Webwerf? SuproNet

 

 

 

Sien ook die bladsye oor:
Geskiedenis
Gemeenskapsorganisasies
Belegging
Plaaslike Regering

Centurionadvertensiebord
Stad van Geleenthede

Centurion, met sy verfrissende klimaat, is een van die snelgroeiendste stadsgebiede in die land en die goeitempo sal na alle waarskynlikheid gehandhaaf word. Die stad het ontwikkel vanuit ‘n "slaapdorp"  vir Pretoria en Johannesburg tot ‘n gesogte woongebied met uitstekende infrastruktuur, groeiende nywerheidsgebiede en ‘n mensvriendelike stadskern rondom ‘n mensgemaakte meer. Die gebied kombineer die geriewe van 'n stad met die atmosfeer van die platteland.

Kaart van Gauteng met Centurion

Dit is sentraal geleë in Gauteng, die nywerheids-, besigheids- en administratiewe hartland van Suid-Afrika. Verbinding met ander sentra rondom Centurion geskied met die hulp van twee snelweë, die Ben Schoeman- en Danie Joubert-hoofweë, asook die hoofweg tussen Pretoria, Kemptonpark en die Johannesburg Internasionale Lughawe. Alternatiewe verbindingsroetes met Pretoria, Johannesburg en die Oos- en Wesrand is ook beskikbaar.

Kaart van Suid-Afrika met Gauteng

Die metamorfose van Centurion het begin met die ontwikkeling van 'n stadkern rondom 'n mensgemaakte meer. Die eerste fase (Centurion Boulevard) is in 1985 geopen. Dit bestaan uit winkels, kommersiële, kantoor-, ontspanning- en behuisingontwikkelings.

Noordoewer met kantoorgeboue

Die totale winkeloppervlakte het 103 000 vierkante meter, waarvan 62 500 vk meter kleinhandelruimte, beslaan en is sedertdien geweldig uitgebrei. Die waterorrel in die meer is uniek in die omgewing en lok besoekers en inwoners wat ontspan tydens of na inkopies of besoeke aan die rolprentteaters en restourante in die sentrum. Die amfiteater by die meer word gereeld gebruik vir musiekkonserte en ander feeste.

Highveld Technopark, 'n tegnopark waarin hoëvlak tegnologiese navorsing en ontwikkeling gedoen word, is geleë teenoor Centurionsentrum, net suid van die Danie Joubert-hoofweg. Die gebied bestaan uit 25 erwe met 'n gemiddelde grootte van 4,4 hektaar en huisves onder andere Telkom se datasentrum.

Ingang na Highveld Park
Telkom se gebou in Highveld Technopark

Centurion huisves verskeie ander nywerheidsparke en nywerheidsdorpe vir ligte nywerhede, asook kantoorontwikkelings en -parke. Momentum se hoofkantoor is onlangs voltooi en Samrand is een van die uistekende ontwikkelings wat vanaf die Ben Schoeman-hoofweg sigbaar is.

Centurion Kollege

Etlike goeie Afrikaans- en Engelsmediumskole asook kerke van verskeie denominasies kan in Centurion gevind word terwyl Centurion Kollege en Centurion Akademie 2000 naskoolse opleiding verskaf. Universiteite soos Unisa en Universiteit van Pretoria is binne maklike bereik terwyl talle private opleidingsinstansies opleiding binne Centurion verskaf.

Centurion is węreldbekend vir die pragtige krieketstadion met toetstatus. Supersport Centurion is die hoofkwartier van die Noordelike Titane en Noordelikes Krieket en het 'n unieke atmosfeer vanweë sy mooi ligging en uitgebreide graswalle wat sitplek bied vir duisende toeskouers. Die stad beskik ook oor geriewe vir die beoefening van die meeste ander sportsoorte en die plaaslike rugbyspan het ontwikkel tot 'n krag in die Carltonliga.

Centurionpark / SuperSportpark Centurion
Unitas Hospitaal

Die stad beskik oor uitstekende mediese geriewe met Unitas Hospitaal as spilpunt en verskeie mediese sentrums, klinieke en 'n hospitum. Hoewel Centurion 'n jong, snelgroeiende stad is, beskik dit oor 'n gesonde komponent van ouer inwoners en afgetredenes wat onder andere in verskeie sentra vir die versorging van bejaardes gehuisves word.

Stad van die Toekoms

Na bo

Bronne

Die volgende bronne word met dank erken:

  • Centurion Stadsraad Dienstegids

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

RelatiefEen vlak opEerste bladsy in volgende (laer) vlakVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

[Portaal]

 

[Agtergrond] [Besigheid] [Besiens- waardighede] [Verblyf] [Vermaak] [Dagboek] [Foto's van Geleenthede] [Kaarte] [KletsNet] [Skakels] [Aflaai] [Terugvoer] [Kopiereg]

 

[Geskiedenis] [Belegging] [Gemeenskap] [Regering]


Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

CenturioNet
Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet,
‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001-2013. CenturioNet
Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder

 

 

 

 

 

 

 

 

Besigheidsgids

BesigheidCenturion

Lys van besighede in Centurion.
Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.

 

Advertensie - nuwe venster vir inligting

 

Kalender 2012

Gratis 2013 kalender
Handige “CD” formaat

 

Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:

SuproNet

SuproNet